Name soos Karlien en Bobby van Jaarsveld, Nádine en Bok van Blerk is gróót in die Afrikaanse musiekbedryf. 

Maar dié sterre moes ook iewers begin met ’n eerste liedjie en musiekvideo.

Ons kyk terug na van dié oomblikke.

Juanita du Plessis

FOTO Instagram / Juanita du Plessis

Die Namibiër het in 1998 bekendheid verwerf met haar debuutalbum Juanita. Haar treffer “Ska-Rumba” was een van haar eerste musiekvideo’s.

Bobby van Jaarsveld

FOTO Instagram / Bobby van Jaarsveld

In 2007 het die blondekop-ster sy eerste album, Duisende ure, uitgereik. In een van sy eerste musiekvideo’s, “Talina”, verskyn ’n jong Karlien en speel die kitaar vir hom.

Riana Nel

FOTO Instagram / Riana Nel

In 2001, ’n jaar voor sus Nianell se debuutalbum, Who Painted the Moon Black, het Riana háár eerste album, Oopmond, uitgereik. Hier is haar eerste musiekvideo, “Oopmond”.

Kurt Darren

FOTO Instagram / Kurt Darren

As daar gesokkie word, kan jy maar weet van sy treffers sal ook op die speellys wees. Sy eerste album was Net jy alleen, maar dit was die een van 2002, Meisie Meisie, wat hom beroemd gemaak het. Hier is die oorspronklike musiekvideo van die titelsnit.

Nádine

FOTO Instagram / Nádine

As tiener het sy in 1996 haar eerste album, Krappies en Krefies, uitgereik. Een van haar eerste musiekvideo’s was “Dankie liewe Ouma”.

Bok van Blerk

FOTO Facebook / Bok van Blerk

Die sanger het in 2005 sy eerste album, De La Rey, uitgereik, en dit was ook die titel van sy eerste musiekvideo.

Elizma Theron

FOTO Facebook / Elizma Theron

Haar eerste album, Lapaside, is reeds in 2005 uitgereik, maar in 2007 was dit haar tweede, Gee my meer, wat haar musiekvideo “Casanova” opgelewer het.

Nicholas Louw

FOTO Instagram / Nicholis Louw

Sy eerste album, My hart is aan die brand, is in 2003 uitgereik en het die gewilde treffer “Net die een vir my (Maia Hee)” ingesluit. In die musiekvideo het die oud-popgroep Shine 4 ook verskyn.

Karlien van Jaarsveld

FOTO Instagram / Karlien van Jaarsveld

Sy het in 2005 as agtergrondsanger en kitaarspeler begin optree saam met haar jonger broer, Bobby. ’n Jaar later het sy die rockgroep Revolusie gestig, maar in 2008 haar solo-loopbaan begin. Haar tweede album, Jakkas trou met wolf se vrou, het haar ’n huishoudelike naam gemaak. Dít en “Beter as liefde” was een van haar eerste musiekvideo’s.

Jak de Priester

FOTO Instagram / Jak de Priester

Die skepper van Binnelanders se temalied het in 2003 sy eerste album, Sally Williams Nougat, uitgereik. Hier is die video van die titelsnit.

Andriëtte Norman

FOTO Instagram / Andriëtte Norman

Haar debuutalbum, Diamant, is in 2008 uitgereik, maar dit was haar tweede, Dink aan my (2009), wat hierdie musiekvideo opgelewer het.

Jay du Plessis

FOTO Instagram / Jay du Plessis

Voor sy solo-loopbaan was Jay ’n lid van die groep Eden. “Is jy bang?” was een van hul eerste musiekvideo’s.

Lianie May

FOTO Instagram / Lianie May

Haar 2007-debuutalbum, Vergeet my nie, het ook gelei tot haar eerste musiekvideo, “Jy soen my nie meer nie”.