Die nuwe kykNET-advertensie veldtog Beleef jou wêreld in Afrikaans is vandag in Johannesburg geskiet. Dié gewilde Afrikaanse TV-kanaal het sestig plaaslike bekendes soos Sandra Prinsloo, Marius Weyers, Emo Adams, Heinz Winckler en Anel Alexander betrek by die veldtog wat binnekort op die kassie gaan wys.

Die konsep van Beleef jou wêreld in Afrikaans fokus op die verlede en waarheen ons op pad is. Dit word uitgebeeld deur verskillende eras.

Joe Foster het spesiaal die temalied geskryf, met dieselfde naam as die veldtog, en van Afrikaans se gunsteling-sangers sal saam met hom dié lied sing. Kykers kan uitsien na hul geliefde akteurs en sangers wat saam in hierdie veldtog te sien is.

Hou SARIE.com dop - ons sal die advertensie deel wanneer die produksie voltooi is.

Kyk hier na agter-die-skerms-foto's by die verfilming van die veldtog: