"Ek is mal oor vroue en hulle inspireer my," sê Nedine, wat ook die aanbieder van die Christelike joernaalprogram In pas op kykNET was.

Sy vertel die liedjies vir die CD is reeds geskryf en dit word in Junie opgeneem.

Dit is die ideale geskenk om vir jou ma, jou sussie, jou vriendin of enige ander vrou in jou lewe te gee om vir haar te sê jy is lief vir haar.

My inspirasie, my vriendin sal Augustus op die rakke wees.

Kyk hier na agter-die-skerms-foto's waar Nedine en Dennis East aan die album werk.