Die video is ’n “toe en nou”-uitbeelding van hoe ver Suid-Afrika gekom het van 1994 af. The Parlotones is bekend daarvoor dat hulle hul beginsels handhaaf. Hulle hou koolstofvrye konserte (carbon free concerts), wat beteken hulle probeer om so min moontlik skade aan die omgewing aan te rig wanneer hulle optree. Hulle het ook ’n klankbaan gemaak vir ’n veldtog teen aardverwarming en hul musiekvideo Stars Fall Down dra ’n sterk boodskap uit: Die aarde sal beter daaraan toe wees sonder mense wat dit besoedel en vernietig. Kyk hier na foto’s van die komende video van Should We Fight Back. Vir nóg agter-die-skerms-foto's, gaan na The Parlotones op Facebook.