Dewald het in 2007 begin naam maak as die liedjieskrywer en sanger van Wasserfall, 'n groep met die treffers "Suikerbos" en "All about me". In 2011 het hul paaie geskei, en tans vestig Dewald hom as 'n solo-kunstenaar. Sy eerste album, Vergeet wat jy weet van liefde, is pas bekendgestel.

En hier is sy nuutste musiekvideo, "Eendag as ons groot is". Dit is op verskillende plekke in Pretoria deur Gerhard van Rooyen verfilm en die regie is deur Andre Odendaal gedoen. Johan Vorster het die liedjie geskryf.

Sluit aan by Dewald Wasserfall se Facebook-blad en bly op hoogte van sy konserte en nuus!

Kyk die video hiér