Ons Valentyns-voorbladgesig pak die lewe geesdriftig aan, haar dagboek eintlik oorvol. Leandie du Randt praat oor goed wat haar na aan die hart lê.

Liefde

My verloofde is vir my die mooiste man in die wêreld. Daar is niemand wat soos Bouwer lyk nie. Hy is vir my só besonders.

FOTO: Phyllis Green

Klere

Die kledingstuk wat ek die graagste dra, is ’n “gooi-oor- jou-kop”-vintagerokkie. En ek hou van groot sonbrille, want dis vintage en laat my soos ’n karakter uit die ou movies voel.

FOTO: Phyllis Green FOTO: Phyllis Green

Blomme

iStock_000014553537Large

Ek hou glad nie van blomme in my huis nie, maar is mal oor wit madeliefies (daisies) in my tuin.

FOTO: Phyllis Green FOTO: Phyllis Green

Fliek en musiek

Paljas is my gunsteling-Afrikaanse fliek. OneRepublic se “Something I need” is tans bo-aan my speellys. Ek speel die liedjie oor en oor in my kar.

FOTO: Phyllis Green FOTO: Phyllis Green

Pienk

Van kleins af kies ek pienk, of dit nou ’n pop of kos was – maak nie saak dat die pienk kos nie altyd so lekker was nie!

FOTO: Phyllis Green FOTO: Phyllis Green

Koelkop

Selfs ná ’n lang en warm dag van 33 grade Celsius in die son is Leandie steeds speels en vol energie voor die kamera, sê Fanie oor dié foto. Dis hier ook duidelik waarom sy die naaswenner was in verlede jaar se Strictly Come Dancing South Africa op SABC3!

FOTO: Phyllis Green FOTO: Phyllis Green

leandie du randt voorblad feb februarie

Lees die onderhoud met Leandie in die Februarie-uitgawe van SARIE - nóú op die rakke!