Hollywood se grootstes se transformasie vir fliekrolle het al Oscar-erkenning gekry. Matthew McConaughey, Charlize Theron, Jared Leto ... Is Jake Gyllenhaal volgende?

Hy het vir sy rol as die misdaadverslaggewer Lou Bloom in Nightcrawler byna 10 kg (20 pond) afgeskud, skryf Vanity Fair. Lees die volle artikel hier.

Met dié drastiese transformasie én die eerste lokprent vir die fliek wat nou uitgereik is, kan jy nie anders as om te wonder of Jake hom by die sterre wie se transformasie hulle ’n Oscar-beeld besorg het, gaan aansluit nie.

Jake het vertel dat hy bewus was daarvan dat Lou regtig honger gely het. Daarom het hy probeer om homself honger te laat voel ter voorbereiding van dié rol.

Kyk hier na die lokprent van Nightcrawler, wat die storie vertel van ’n misdaadverslaggewer in Los Angeles wat met sy vryskutwerk ’n gevaarlike wêreld ontdek.

Meer hieroor op SARIE.com