Die 7th Heaven-akteur Stephen Collins (67) het eksklusief met Yahoo Global News gepraat en erken dat hy tussen 1973 en 1994 gelede seksueel onvanpas teenoor drie minderjarige meisies opgetree het. Só berig People.

"Ek is 'n mens met foute," het hy aan die nuus-anker Katie Couric erken. Voor sy onderhoud het hy 'n amptelike verklaring aan PEOPLE tydskrif gestuur waarin hy gesê het hy is ontsettend jammer oor wat hy gedoen het. Niks het weer na die laaste voorval in 1994 gebeur nie.

Voel hy dat hy 'n dubbel lewe gely het ten tyde hy die rol van 'n pastoor-pa in 7th Heaven gespeel het? "Nee, ek het alles al agter my gesit," het hy gesê.

91XIp5dmgeL._SL1500_

Collins meen geloof het hom deur baie van dié proses gedra.

"Christus se op soveel maniere: 'bring jou gebrokenheid na my toe'. En meeste mense is op een of ander manier gebroke," sê hy.

Collins se dade het op die lappe gekom ná sy eks-vrou 'n opname van 'n privaat terapie-sessie gemaak het. TMZ het dit vrygestel. Collins wens wel dat dit nooit die openbare ruimte bereik het nie.

"Ek wil dit nie graag in die openbaar hanteer nie. Ek het dit reeds baie toegewyd deurgewerk in my privaatlewe. Ek is 'n mens met foute, en ek het reeds alles gedoen wat ek kon om daaraan te werk," het Collins gesê.

Hy kon al vir een van die meisies verskoning vra, maar het daarteen besluit om die ander te praat, omdat dit potensieel ou wonde kan oopkrap.

Lees die volledige artikel hier