Die buitelug-troue met meer as 200 gaste is in Ojai, California gehou, berig EOnline!.

Annable sê dit was 'n maklike besluit:" As jy weet, dan weet jy". Hulle het nie op die traditionele troumars ingestap nie, maar op The Beatles se "All you need is love". (John Lennon sou juis sy 70ste verjaarsdag die dag voor hul troue vier.) Medester, Matthew Rhys, was sy strooijonker.

Dave het 'n stylvolle DKNY-pak op sy groot dag gedra en haar droomrok is ontwerp en gemaak deur Monique Lhuillier, 'n Filipynse mode-ontwerper wat nóú in Los Angeles woon en werk.