Al meer as ’n jaar lank kuier sy in kykers se sitkamers as Nicole (Nicci) October in die kykNET-sepie Suidooster. Maar in die regte lewe maak die aktrise Gerwen Simon reg vir een van die grootste avonture van haar lewe: ma-wees. Ja, die lieflike Gerwen is swanger!

Sy is vyf maande swanger en verwag haar eersteling, wat sy tot tyd en wyl "Kiki" noem, in Mei. En Gerwen en haar Franse man, Benjamin Weinheimer, kan nie meer wag om hul pienkvoet vas te hou nie.

"Ons kan regtig nie meer wag om ons klein mensie te ontmoet nie."

ger FOTO Verskaf

Vir Gerwen was die lekkerste deel van haar swangerskap sover toe klein Kiki begin skop het. "Dit voel asof jy vir die eerste keer weer verlief is. Ons is so dankbaar om ouers te word," vertel sy.

Die paartjie dink nog aan ’n naam, maar daar's gelukkig al ’n kortlys.

"Omdat ek vlot Frans praat danksy die agt jaar wat ek in Frankryk was, is dit ons huistaal. Maar ons kyk maar na ’n Engelse naam wat ons Afrikaanse en Franse families albei kan uitspreek."

En watter taal gaan hulle die baba leer?

"Frans sal die huistaal wees. Maar ons sal graag wil hê ons kind moet ook Engels, Afrikaans en Xhosa praat."

FOTO Verskaf FOTO Verskaf

Gerwen en Ben, soos sy hom noem, het mekaar in 2005 gedurende ’n aand uit in Kaapstad ontmoet. Ben was toe besig met sy internskap by ’n internasionale sportagentskap in die stad. Die paartjie is al byna 12 jaar saam en het nie net een troue gehad nie, maar twee!

"Ons eerste troue was in Frankryk in 2013 en in 2014 is ons weer in Suid-Afrika getroud."

FOTO Verskaf FOTO Verskaf Wat hou 2017 nóg vir die aktrise in? "Ek is reg vir die nuwe uitdagings wat die jaar vir my inhou. Ek wil uit my gemaksone beweeg en meer betrokke raak by die plaaslike en internasionale filmbedryf." En Suidooster?

"Weens haar swangerskap, gaan Gerwen vir ’n ruk Suidooster groet. Gerwen is nog op stel tot Februarie en sy sal dus nog ’n geruime tyd in Suidooster te sien wees, waar daar ’n opwindende storielyn vir haar karaker Nicole October, wag. Al wat ons kan sê is dat Nicole immers nie ’n maklike tyd agter die rug het nie, maar daar is ’n skokkende verwikkeling wat almal gaan ruk," het Wilmer Müller, Suidooster se woordvoerder, gesê.

FOTO Verskaf FOTO Verskaf

Suidooster word vanaf Maandae tot Donderdae om 18:00 op kykNET en kykNET & kie uitgesaai.

Lees nou:

Anna-Mart word ‘ma’

Eerste dag van skool: Bekendes deel foto’s

Dis tyd! Pak dít in as jy hospitaal toe gaan, sê Ivanka Trump