Gwyneth Paltrow (42) en Chris Martin (37) is uitmekaar en hul albei het glo nuwe liefde in hul lewens. En volgens gerugte gaan dit goed met Gwyneth en haar nuwe kêrel, die mede-vervaardiger van die TV-reeks Glee Brad Falchuck. 

Volgens die skinderblad Page Six is Gwyneth en Brad al vir vier maande ’n paartjie, alhoewel hulle nog nie saam in die publiek verskyn het nie. Nuwe gerugte beweer dat dit baie goed gaan met dié verhouding.

Gwyneth het vir Brad op die stel van Glee ontmoet nadat sy ’n gasrol in dié reeks vertolk het. Hulle het glo ook reeds saam vakansie gehou en hy het vir haar gereeld in Londen gaan kuier.

Die wêreld was geskok oor die nuus dat dié paartjie gaan skei Die wêreld was geskok oor die nuus dat dié paartjie gaan skei

Die musikant Chris Martin gaan glo uit met die 24-jarige Oscar-bekroonde aktrise Jennifer Lawrence. Hulle het ook nog nie hul verhouding bevestig of ontken nie.

FOTO: Gallo Images / Getty Images Jennifer Lawrence FOTO: Gallo Images / Getty Images

Gwyneth en Chris was vir 11 jaar lank getroud en het in Maart 2014 hul egskeiding op Gwyneth se webwerf Goop aangekondig. Hulle het twee kinders uit dié huwelik: Apple (10) en Moses (8).

#tbt #luckiestmomever #exumas

A photo posted by Gwyneth Paltrow (@gwynethpaltrow) on

Brad Falchuck het ook twee kinders, Isabella (10) en Brody (8) uit sy 10 jaar-huwelik met sy TV-vervaardiger Suzanne Falchuck. Daar is ook bewerings dat Gwyneth die rede agter hierdie egskeiding was.

Brad Falchuck FOTO: Twitter  @BFalchuk Brad Falchuck
FOTO: Twitter @BFalchuk

Bron: Page Six, The Daily Mail