Nadat sy in April aangekondig het sy en haar man, James Keach, gaan ná 20 jaar van getroude lewe skei, het Jane Seymour besluit dis tyd vir 'n jeugdiger voorkoms - sónder behulp van 'n chirurg se mes ...

By die première van haar fliek Thanks for Sharing, waarin Gwyneth Paltrow en Mark Ruffalo (The Avengers) ook speel, het dié 62-jarige Britse aktrise aan US Weekly verklap hoe sy haar nuwe jonger voorkoms gekry het, sonder dat sy vir plastiese chirurgie of botox gegaan het. "Ek het vir my 'n reguit kuif laat sny, so eenvoudig soos dit. Dis nou al 'n paar maande só, maar dit het regtig my lewe verander. My hare is ook 'n bietjie korter gesny."

Ander bekendes se nuwe haarstyle

Jane het ook vertel dat haar nuwe haarstyl 'n goeie alternatief vir behandelings is wat jou jonger laat lyk. "Ek is glad nie 'n aanhanger van botox nie, en ek glo 'n reguit kuif werk net so goed."

Hier is Jane se vóór-en-ná-foto's:

Nóg 'n Jane wat nie verouder nie

Op 75 is Jane Fonda steeds bekend – iets wat op sigself ’n groot prestasie in Hollywood is. Maar nadat sy borskanker oorleef het, is sy dapperder as ooit voorheen. Lees hier oor haar gesondheidsreis, haar vreugdes en vrese van oudword.

Jane Fonda 1 Jane steek nie af tussen die jong aktrises nie.

Jane Fonda 2 Jane saam met die aktrise Lee Daniels van The Butler waarin Oprah Winfrey ook speel

Onthou dít as jy 'n nuwe haarstyl kies

Jou haarstyl en selfs die kleur van jou hare speel 'n groot rol in hoe oud of jonk jy lyk. David Gillson van Carlton Hair het sy wenke vir hare wat jou jonger laat lyk met SARIE gedeel:

  • die geheim is jou haarstyl moet jou gesig sag laat lyk.
  • Hoe sagter jou voorkoms, hoe jonger lyk jy.
  • 'n Ligter haarkleur en natuurlike haarstyle werk gewoonlik die beste.

Bron: US Weekly