Lizz Meiring, 'n vriendin van Miems, onthou haar as 'n doyenne van die Afrikaanse verhoog, TV, radio en oorklanking. ”As 'n mens kan oud word soos Miems oud geword het, dan sien ek uit daarna." Miems was welbelese, het graag gereis en was lief vir kosmaak, tuinmaak en haar rose. Sy was tot op die einde nog geweldig skerp en het 'n passie vir tale gehad. Sy het verskeie tale geleer en was teen die einde besig om Zoeloe en Sotho te bestudeer. Sy het geoefen en haar kenmerkende Purdey-haarstyl was altyd herkenbaar bruin gekleur.  Miems sal veral onthou word vir haar werk as Kriekie in die TV-reeks Nommer Asseblief en was onlangs nog op 7de Laan te sien. Sy word oorleef deur haar dogters, Ilse, Riëtte, Litzi en Mareli. Daar word Vrydagaand by die ATKV se Media-Veertjies 'n huldeblyk aan haar gelewer. Só het Steve Hofmeyr op sy Twitterblad oor tannie Miems getweet:

"Tannie Miems de Bruyn gisteraand in haar huis oorlede. Kanker. Sy speel teenoor Al Debbo in Pampoen se video. Taai antie gewees. RIP ou lady."

Kyk die Pampoen-musiekvideo hier: