Die aktrise het hard gewerk aan ’n nuwe reeks CD's en DVD's vir kinders saam met die karakter Buster die brak. In dié reeks moedig Hanna, oftwel juffrou Hanna, kinders aan om hul unieke gawes te ontdek.

Rooitapytstyl: Hanna by die SAMA's

"Ek kan my vereenselwig met die boodskap wat Buster aan die kinders wil oordra: Om anders te wees is oukei, jy kan dit tot jou voordeel gebruik," het sy verlede jaar in die Augustus-uitgawe van SARIE gesê.

FOTO: verskaf FOTO: verskaf

As juffrou Hanna wys die aktrise, wat onlangs met die sanger Bok van Blerk getrou het, nie net haar eie sangtalent nie, maar ook haar liefde vir kinders.

Hanna se geometriese rok in vlootblou en wit is nog een van Anél Botha Couture se skeppings FOTO: Twitter Hanna en Bok van Blerk by vanjaar se Ghoema-toekennings
FOTO: Twitter

"Ek werk gereeld met kinders, ek sien hoe moeilik dit is om vir hulle hoop te verduidelik. Daardie CD, glo ek, gaan vir my ’n tool gee om vir kinders hoop te bring op maniere wat hulle kan verstaan," het sy oor die projek gesê.

SARIE en Hanna kuier in Mauritius

"Buster die brak - almal het ’n gawe" is binnekort beskikbaar op CD en DVD. In die reeks dra Hanna en Buster belangrike lesse oor in 16 oorpsronklike liedjies, geskryf deur Johan Vorster.