Kirstie Alley, veral bekend vir haar rol in Cheers, het Maandagaand (5 November 2012) vir die eerste keer gepraat oor haar liefde vir medespeler Patrick Swayze op die TV-program Entertainment Tonight. Sy en Patrick het in 1985 teenoor mekaar gespeel in die TV-minireeks North and South. Albei was op daardie stadium getroud. Kirstie het in 1997 geskei van Parker Stevenson, ook 'n akteur en haar medespeler in dieselfde TV-drama.

Hulle het, volgens haar, nie 'tegnies' 'n affair gehad nie, maar hul verliefdheid het beslis hul huwelike in gevaar gestel. Kirstie is vandag nog vriende met Patrick se weduwee, Lisa Niemi, maar sy's onseker of Lisa ooit van hul sterk emosionele band geweet het.

In 'n onderhoud vroeër met Barbara Walters het Kirstie erken dat John Travolta, haar medespeler in Look Who's Talking (1989), die "grootste liefde van haar lewe" was.

WAT DINK JY?

Is 'n sterk emosionele verhouding met 'n derde persoon nét so ernstig soos 'n fisiese affair? Gee jou kommentaar hieronder.