Zoe Saldana en haar man, Marco Perego, gaan ’n tweeling ryker word - volgens Britney Spears.

Zoe was lank stil oor haar swangerskap, hoewel daar baie gerugte was, en het dit eers bevestig toe sy en haar man aan die ALS Ice Bucket-uitdaging deelgeneem het. Dit is ook nie Zoe wat self gesê het dat sy swanger is met ’n tweeling nie, maar haar vriendin Britney Spears.

Britney het tydens ’n onderhoud met Entertainment Tonight verklap dat die 36-jarige Zoe binnekort nie net een nie maar twee babas ryker gaan word.

Dié twee het destyds saam in die fliek Crossroads gespeel. Toe Britney gevra is of sy weer saam met Zoe in ’n fliek sal speel, het sy geantwoord: "Wie weet? Dit is ’n slim plan. Maar sy is swanger met ’n tweeling nou ... ". Kyk na ’n video van die onderhoud onder dié artikel.

image.net Zoe Saldana in Julie vanjaar by die première van Guardians of the Galaxy in Kalifornië
FOTO: Alberto E. Rodriguez vir Getty Images

VIDEO: Britney Spears verklap Zoe is swanger met ’n tweeling

Bron: Daily Mail, Entertainment Tonight

Lees ook