Jy het geweet dié Hollywood-sterre is pragtig mét grimering, maar het jy geweet hulle is net so mooi daarsonder?

In die internasionale tydskrif Vanity Fair se jaarlikse Hollywood-uitgawe is Scarlett Johansson en Kate Winslet sonder grimering, gestileerde hare en deftige kleure afgeneem, skryf die Britse koerant Daily Mail.

So lyk dié jaar se Hollywood-uitgawe

daily mail Sien die volgrootte foto van Scarlett sonder grimering HIER

Die twee sterre se natuurlike skoonheid en gelaatstrekke staan selfs meer uit wanneer hulle sonder grimering is. Boonop lyk hulle nou nes ons gewone mense.

Bekende sangeres sonder grimering in advertensie

Die geheim agter Scarlett se glansende gelaat, ondanks al die grimering wat sy op stel en op die rooi tapyt dra? Sy skryf dit toe aan die baie water wat sy drink en die feit dat sy nooit met grimering aan haar gesig gaan slaap nie.

DAILY MAIL Jy kan HIER na die volgrootte foto van Kate, sonder grimering, kyk

Dié foto's, geneem deur die fotograaf Chuck Close, is geneem terwyl Kate swanger was met haar derde kind. Helen Mirren, Oprah Winfrey en Brad Pitt was ook deel van dié fotosessie. Lees hier in die Daily Mail hoe Chuck die fotosessie aangepak het.

Jennifer Aniston lyk pragtig sonder grimering

BRON: Daily Mail

PLUS: Beyoncé sonder grimering

Die sangeres Beyoncé het onlangs ook op besluit om foto's van haarself sonder grimering te deel. Dié foto's, op Instagram, verklap hoe jonk die sangeres eintlik nog is!

As jy ook meer natuurlik wil lyk, maar nie kans sien om onderlaag te laat vaar nie, kan jy gerus een van dié produkte toets.