Van ons gunsteling-aktrises speel gereeld met hul haarstyle, en die grootste verandering is as ’n blondine ’n brunet word, of omgekeerd.

Blondine Leandie du Randt vertel: 

"In my eerste jaar op universiteit was ek rebels, ek wou nie meer die goody predikantsdogter wees nie en het my hare donker gekleur.

"Ander tipe ouens het toe na my gekyk. Met donker hare was my beeld rowwer, harder, slimmer. Mense stereotipeer blondines as oppervlakkig en speels. Gelukkig is my stem rasperig, dieper. Ek sit ligstrepies in en het blonde extensions, want my hare breek maklik af.

"Ek bewonder die blonde aktrises Kate Hudson en haar ma, Goldie Hawn. Hulle is spontaan en intelligent."

Blond of brunet?

Dié aktrises het ook al met hul haarkleur eksperimenteer. Verkies jy hulle as blondines?