Dit was die jaar van die hartebrekers as jy so na Hollywood se sterre kyk.

Verskeie glanspaartjies se huwelike en verhoudings het vanjaar op die rotse geloop, berig Hello Magazine.

Charlize en haar eie Stuart Townsend het besluit om na nege jaar van saambly mekaar te los, en deesdae gaan sy met hierdie boer uit.

Christina Aguilera en Jordan Bratman Christina Aguilera het 'n paar dae terug bekend gemaak dat sy en haar man van vyf jaar, Jordan Bratman, gaan skei. Hulle het 'n seuntjie, Max.
Corteney Cox en David Arquette Courteney Cox en David Arquette het na 11 jaar ook besluit om te skei. Blykbaar het altwee  op iemand anders verlief geraak. Hulle het 'n sesjarige dogtertjie, Coco.
Halle Berry en Gabriel Aubry Halle Berry en Gabriel Aubry het in Mei uitgemaak. Hulle het 'n tweejarige dogtertjie, Nahla. Halle Berry was al twee keer vantevore getroud.
Jim Carrey en Jenny McCarthy Jenny McCarthy, voormalige Playboy-model, reken na vyf jaar sal Jim Carrey altyd die hoofman van haar hart wees, maar dat hulle nie meer 'n paartjie is nie.
Kate Winslet en Sam Mendes Sam Mendes was die regisseur van Revolutionary Road, 'n fliek oor gebroke harte, waarin Kate Winslet die hoofrol gespeel het en net daarna het hulle aangekondig dat hulle ook gaan skei. Ironies?
Mel Gibson en Oksana Grigorevia, Wat presies in Mel Gibson se verhouding met die Russiese sanger, Oksana Grigorevia, gebeur het, kan enigiemand raai. Hulle is tans in 'n geveg betrokke oor wie toesig oor hul eenjarige dogtertjie, Lucia, gaan kry.
Sandra Bullock en Jesse James Net nadat Sandra Bullock die Oscar vir Beste Aktrise vir haar rol in The Blind Side gekry het, word dit bekend dat haar man, Jesse James, haar met 'n ontkleedanser en tattoe-model verneuk het. Hulle is besig om te skei.
Susan Sarandon en Tim Robbins Hulle was wel nie getroud nie, maar 23 jaar en twee seuns later het Susan Sarandon en Tim Robbins besluit om nie meer saam te wees nie.
Tiger Woods en Elin Nordegren Tiger Woods het behoorlik opslae gemaak toe dit uitkom dat hy sy vrou, Elin Nordegren, verneuk het. Hy moes tot vir terapie gaan om van sy seksverslawing ontslae te raak.