Ja, dié keer is dit nie skoonsus Meghan Markle wat die kollig steel nie, maar eerder die hertogin van Cambridge, Kate Middleton.

Gister was sy en prins William vir die dag op die eiland Ciprus om lede van die Britse lugmag wat hul Kerstyd daar gaan deurbring, te besoek.

Maar alle oë was op Kate se uitrusting. Met haar olyfkleurige baadjie en wyepypbroek het sy heel anders as gewoonlik gelyk.

Die uitrusting is eenvoudig, dog stylvol. Die wyepypbroek beklemtoon haar dun middel en lang bene, terwyl haar donker hare pragtig uitstaan teen die baadjie se kleur.

FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images