Met ’n netto waarde van R680 miljoen neem Gigi Hadid die wêreld van mode en glans oor. 

FOTO Instagram/ Gigi Hadid

En nou het sy nog ’n mylpaal bereik: In slegs drie jaar was sy al 35 keer op die voorblad van ’n Vogue-titel. En sy is maar net 23 jaar oud!

Haar eerste voorblad was in 2015 en die nuutste vir Vogue Brasil se September 2018-uitgawe.

Gigi Hadid het in 2015 haar eerste voorblad van 'n Vogue-titel gekry. FOTO Instagram/ Gigi Hadid
Gigi Hadid is die voorbladster van Vogue Brasil se September 2018-uitgawe. FOTO Instagram/ Gigi Hadid

En hoe vergelyk dit met die Vogue-lieflinge voor haar? Lauren Hutton was op 40 van die tydskrif se voorblaaie (haar laaste een was in die ouderdom van 74) en Cindy Crawford op 16.

Ja, Gigi se natuurlike skoonheid laat die dollars inrol! Boonop spog sy met 43 miljoene volgelinge op Instagram.

HIER IS VAN ONS GUNSTELING-VOORBLAAIE:

FOTO Instagram/ Gigi Hadid
FOTO Instagram/ Gigi Hadid
FOTO Instagram/ Gigi Hadid
FOTO Instagram/ Gigi Hadid
FOTO Instagram/ Gigi Hadid