Toe Jill Peterson en Kevin Heinz die gevolg by hul troue gevra het om dit in 'n partytjie te omskep kon nie een van hulle dink dat meer as 'n miljoen mense wêreldwyd dié spulletjie se manewales tydens die kerkdiens sou gadeslaan nie!

Jill en Kevin se troue is tans 'n YouTube-treffer. In die video dans die hele bruidsgevolg in die paadjie af op die stamptreffer Forever van Chris Brown. (En Chris is maar te dankbaar, want niks is beter as 'n bietjie ligte vermaak ná al die negatiewe publisiteit rondom sy verhouding met sy eks-meisie, Rihanna, nie.)

Die paartjie en hul vriende is deur die Today Show na Minnesota gevlieg om dié skreeusnaakse toneel weer te doen en te verfilm. (Bron: The Cape Argus)

Lees die onderhoud met Jill en Kevin