Die sangeres Amanda Strydom is gister in die hospitaal opgeneem, het sy op haar Facebook-blad geskryf.

Amanda is met erge longontsteking opgeneem ná die dokter aanvanklik gedink het sy het ’n bloedklont in haar long.

Sy skryf:

Ek's gister in hoësorg opgeneem, dr het 'n bloedklont in my long vermoed, maar dis gelukkig net erge longontsteking. Moet hier bly tot Maan. Ook gaan vir angiogram. Eish

Ons wens jou alle beterskap toe, Amanda!

Lees ook