America Ferrera, beter bekend as Ugly Betty, lyk beeldskoon tydens die premiére van haar nuutste fliek, The Dry Land, berig Just Jared.

Sy en haar mede-akteur, Ryan O'Nan, het 'n fotosessie by die Deauville Amerikaanse-filmfees in Frankryk bygewoon. Later die dag het die fliek se regisseur, en ook America se verloofde, Ryan Piers Williams, die geleentheid bygewoon.

America het 'n Black Halo-rok, Brian Atwood-skoene en juwele deur Dana Rebecca Designs aangehad. 

Raai wie is ons eie Ugly Betty?

Klik om te sien hoe SARIE 'n bekende SA aktrise transformeer tot Ugly Betty