Sy sê sy was bevoorreg om hom by sy vertoning verlede Donderdagaand te ontmoet. “Big Concerts het gereël dat ek ‘n foto saam met hom kon neem na die tyd!” Sy sê hy is baie spontaan en "plat op die aarde”.

”Ja, hy is n baie mooi man. Spierwit tande en 'n sexy smile. Ons het so bietjie gepraat oor musiek, sy toer en vertonings.” Ongelukkig kon Amor nie lank met die hartebreker gesels nie.

”Ek het nog altyd van sy musiek gehou. Ek is mal oor Hero en sy Latino liedjies.”

Dit was regtig 'n groot eer om hom te ontmoet, sug sy.

* Enrique se Hero: