Amore Vittone gesels met Coenie oor haar nuwe album en nuwe projekte. Sy vertel ook hoe dit met haar man, Joost van der Westhuizen gaan, wat Sondag (28 Junie) in die hospitaal opgeneem is. Daar is aanvanklik gevrees dat Joost 'n hartaanval en/of beroerte gehad nie. Na verskeie toetse het dokters bevestig dat dít nie die geval was nie. Bloedtoetse het ook aangedui dat daar geen teken was dat hy onder die invloed van enige middels was nie.