Ons ken haar met ligbruin hare en sonstrepies, en nou spog Amor met 'n donkerkop.

"Ek voel soos 'n nuwe mens. Dit voel asof daai ou goed wat deur my kop getuimel het, weg is," vertel sy.

"Ek moes verlede jaar met my Amorisqué-vertoning by Emperors Palace my hare witblond dra. Dit was harde werk om my hare gesond te hou en te keer dat dit geel lyk. Ná my show en 'n seevakansie in Desember was my punte dood en my hare het byna geen lewe gehad nie. Dit het my sommer down en depressed laat voel. 'n Mens moet jouself versorg, en dit begin by jou hare en jou vel," vertel sy.

Amor Vittone

"Pieter van Fashion Squared in Dainfern, Fourways, is al 'n paar lank my haarkapper. Dit was sy idee om my hare 'n kleurverandering te gee. Ek sê toe: 'Go for it, baby!'. Ek het mos eintlik bruin hare en 'n blas vel vanweë my Italiaanse herkoms. Om dus 'n brunet te word was eintlik om terug te keer na my natuurlike haarkleur," vertel Amor.

Sy het ook haarverlengings laat insit vir sowat 10 cm ekstra lengte. "Soos 'n mens ouer raak, word jou hare dun en dan moet jy dit óf knip óf iets daarmee doen.

"Ek kyk graag E!News en Fashion TV en hou daarvan om op hoogte van die trends te bly. Ek sien juis die mode oorsee is nou tjoklit-kleure. En dié kleur is die bruinste bruin wat ek nóg was! Dis soveel meer natuurlik, en meer ek.

"Ek doen baie van my eie conditioning treatments sommer by die huis."

Hou haar kinders van haar nuwe hare? "Hulle is mal daaroor. Kylie love dit, want nou lyk ek soos sy, terwyl Jordan graag met my hare speel en dit vleg."

Volg Amor op Twitter

Wat sê die haarkapper?

"Amor het 'n warm veltoon en haar blonde hare het haar verkeerde velkleur uitgebring," sê haar haarkapper, Pieter Rossouw van Fashion Squared.

"'n Mens moet nooit te ver weggaan van jou natuurlik basiskleur nie. Stick to what you are born with. Haar hare is nou sagter en meer subtiel.

"Ek het Davines se Medium Ash Copper Brown 5.14 as basiskleur gebruik. En Great Lengths se Copper Fashion Flow Strand-haarverlengings.

"Die dag toe ons dit gedoen het, kon ek dadelik sien haar vel lyk meer blosend, en hare het meer movement. Sy lyk jonger met haar donker hare. Mense dink hulle moet ligter gaan as ouer word, maar diepte en kleur is juis wat jy nodig het!"

Pieter Rossouw by Fashion Squared, Dainfern, Fourways. Tel. 011 469 4953