Die hertog en hertogin van Cambridge het die eerste amptelike gesinsfoto's bekendgestel. Kate se pa, Michael Middleton het dié foto's geneem in die Middletons se tuin in Bucklebury, sowat 80 km van Londen. 

Prins William het erken dat sy seun, George, ’n "klein rakker" is, wat hom vreeslik baie aan homself en sy rooikopbroer, Harry, laat dink toe hulle klein was...

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Prins George se eerste foto's word sommer self geneem

Die foto's wys 'n ontspanne ma en pa en 'n slapende klein prins. Kate en William se honde-kind, die cockerspanjoel Lupo, is ook in van die foto's, asook die Middletons se hond, die golden retriever Tilly.

Ontmoet Lupo, Prins William en Kate se viervoetige 'kind'

William se eerste televisie-onderhoud

William het erken dat die geboorte van sy pienkvoet sylewe op soveel maniere verander het. "Die afgelope paar weke was `n baie emosionele tyd vir my en Kate," het hy aan CNN verklap.

Hy was ook openlik oor die rede waarom hy en Kate hul pasgebore seun vir die wêreld gewys het. " Ek dink nie ek kan te veel onthou nie, ek dink ek was op `n tipe high " het hy gebieg. "Dit was regtig vir ons lekker om bietjie met hom te spog. Soos enige nuwe ouer sal weet, is jy maar net te gelukkig om jou kind vir almal te kan wys - en natuurlik is jou kind dan ook die mooiste en oulikste van almal."

Die ouma wat prins George nooit gaan ken nie ...

Die onderhoud is deel van `n dokumentêr oor William se lewe, Prince William's Passion: New Father, New Hope. Dit word op 16 September uitgesaai.

HIERONDER is 'n uittreksel uit die dokumentêr:

William en natuurbewaring

Die paleis het bevestig dat Kate en William op 12 September hul eerste funksie as ouers gaan bywoon. Dié funksie is ten bate van Tusk Trust, 'n liefdadigheidsorganisasie vir die bewaring en beskerming van wilde diere. William is die beskermheer van dié organisasie en het selfs die direkteur van Tusk Trust na hul troue in 2011 genooi.

Eerste funksie wink vir Kate; haar kraamverlof is byna verby

William is blykbaar so gek oor wilde diere dat klein Georgie reeds renoster- en olifant-speelgoed in sy kamer het om dié liefde ook by hom te kweek ...

Bronne: Hello, Time

LYK SOOS KATE

Wrap dress with three-quarter sleeves