Dit is nog onseker wat die oorsaak van haar dood was, maar dis welbekend dat sy met dwelmverslawing gesukkel het.

Onder die lede van die “27-klub” is:
•    Brian Jones, een van die oorspronklike lede van die rockgroep die Rolling Stones. Hy was verslaaf aan dwelms en alkohol en het in Julie 1969 in sy swembad verdrink. Daar is steeds mense wat glo hy is vermoor.
•    Jimi Hendrix, die legendariese kitaarspeler, het in 1970 op 27-jarige ouderdom verstik nadat hy slaappille en wyn gedrink het. Hy het ook gesukkel met dwelmverslawing.
•    Janis Joplin is skaars ’n maand ná Hendrix oorlede. Dié bekende Amerikaanse sangeres het ’n oordosis heroïen geneem. Haar album Pearl is postuum uitgereik en was haar topverkoper.   
•    Jim Morrison, hoofsanger van die Amerikaanse groep The Doors, is 'n jaar later dood in sy bad gevind. Hy was ’n dwelmverslaafde en alkoholis en baie oorgewig met sy dood.
•    Kurt Cobain, bekende sanger van die groep Nirvana, wat in 1994 selfmoord gepleeg het, was ook 27. Hy was verslaaf aan heroïen en het aan depressie gely.  

Maar dalk som die Britse sanger Billy Bragg dit die beste op sy Twitter-blad op waarop hy geskryf het: “Dit is nie die ouderdom wat al die lede van die '27-klub' gemeen het nie, maar dwelmverslawing. Hartseer maar waar.”

Amy Winehouse se dood laat ’n leemte in die musiekbedryf, maar haar bydrae tot musiek sal nog lank lewe.

Indien jy op Twitter is volg gerus die #-tag #AmyWinehouse om al die huldeblyke en nuus oor haar dood te volg.

Kyk hier na haar musiekvideo van Back to Black: