Die sangeres Andriëtte Norman het op haar Facebook-blad 25 wenke gedeel vir ’n gelukkige lewe.

  1. Gaan stap vir 10-30 minute elke dag. En terwyl jy loop, glimlag!
  2. Sit in stilte vir ten minste 10 minute elke dag
  3. Wanneer jy in die oggend wakker word, bid vir leiding
  4. Eet meer kos wat op bome en plante groei en minder wat in fabrieke gemaak word
  5. Drink groentee en baie water. Eet bessies, broccoli en neute
  6. Probeer om ten minste 3 mense elke dag te laat glimlag
  7. Moenie jou energie op skinder of dinge buite jou beheer mors nie
  8. Eet ontbyt soos ’n koning, middagete soos ’n prins en aandete soos ’n student
  9. Die lewe is nie altyd regverdig nie, maar dit is okei
  10. Die lewe is te kort om iemand te haat. Vergewe hulle vir alles!
  11. Moenie jouself te ernstig opneem nie
  12. Jy hoef nie elke argument te wen nie
  13. Maak vrede met jou verlede sodat dit nie jou hede beïnvloed nie
  14. Moenie jouself meet teen ander nie
  15. Niemand is in beheer van jou geluk behalwe jy nie
  16. Dink altyd tydens ’n krisis: "Sal dit nog saak maak in vyf jaar?"
  17. Gee hulp aan behoeftiges. Wees vrygewig
  18. Wat ander mense van jou dink, is nie jou besigheid nie
  19. Tyd maak alles beter
  20. Maak nie saak hoe goed of sleg die situasie is nie, dit sal verander
  21. Jou werk sal nie na jou omsien as jy siek is nie, maar jou vriende sal. Kuier meer gereeld
  22. Afguns is tydmors. Jy het alles wat jy nodig het
  23. Voordat jy gaan slaap: bid en wees dankbaar vir wat jy gedoen het
  24. Onthou jy is geseënd om goed te hê om oor te stres
  25. Deel hierdie lys met almal sodat hulle ook ’n gelukkiger lewe kan lei

WAT WIL JY BY DIE LYS BYVOEG? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- ofTwitter-blad!