Die Afrikaanse sangeres Andriëtte Norman se album Pêrel vir ’n Kroon, wat einde Julie bekend gestel is, het goue status bereik.  Sulke nuus verbaas haar duisende aanhangers glad nie: "Sjoe! Jy is darem ’n mooi mens, net soos jou musiek," het een op haar Facebook-blad geskryf. 

Die 29-jarige blondine, wat vroeër dié jaar getrou het, is alewig aan die gang. Sy het onlangs ’n dekor-reeks op die been gebring en haar nuwe enkelsnit, "Bittersoet van Liefde" is ook ’n treffer.

Kyk hieronder na Andriëtte se Pêrel vir ’n Kroon-musiekvideowat reeds meer as 70 000 keer gekyk is.

https://www.youtube.com/watch?v=ilNgICO-OqI

Baie geluk, Andriëtte!

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!