"Dit was vir my 'n jaar van self-ontdekking waarin ek regtig groot geword en myself leer ken het. Ek het geleer om nee te sê wanneer ek moet." - Andriëtte Norman

Sy dra 'n goue peplum-styl top van satyn (R360), Foschini. Wit romp met plooi-detail (R549), Forever New. Spykerhakskoene van leer (R599), Zara. Goudkleurige armband (R200), Lovisa.

* Kyk uit vir jou Kers-uitgawe van SARIE met Anna-Mart op die voorblad, vanaf Maandag 19 November 2012 op straat. Daar's ook 6 spyskaarte vir enigiets van 'n see-Kersfees tot 'n goedkoop-Kersfees.