Mej. SA Rolene Strauss en aktrise Anel Alexander het onlangs dieselfde aandrok gedra, maar gelukkig nie na dieselfde geleentheid nie! Wie dink jy lyk die mooiste?

Dié rok, ontwerp deur Anél Botha Couture, is stylvol en elegant. Daarom is ons nie verbaas dat beide Anel en Rolene dít gekies het vir spesiale geleenthede nie. Dié skepping van wynrooi kant se interessante halslyn trek dadelik die aandag. Die rug is ook vroulik en sensueel.

Anel

Anel, bekend vir haar rolle in Semi-Soet en Faan se Trein het dié rok aan die begin van die maand by die Tempo-toekennings gedra. Sy was benoem in die kategorie Aktrise van die Jaar vir haar rolle in die TV-reekse Geraamtes in die Kas en Donkerland asook die rolprent Faan se Trein. Met haar rooibruin hare opgesteek en haar ligte veltoon het Anel pragtig in dié rok gelyk.

Anel en haar aktrise-niggie Pascal Pienaar by die Tempo Toekennings FOTO: Facebook Anel en haar aktrise-niggie Pascal Pienaar by die Tempo-toekennings
FOTO: Facebook

Mej. SA Rolene Strauss het dieselfde ontwerp in Mei na die Heinz Grown not Made-liefdadigheidsveiling in Kaapstad gedra.

Rolene voor die Heinz Grown not Made-geleentheid in Kaapstad FOTO: Facebook Rolene gereed vir die Heinz Grown not Made-geleentheid in Kaapstad in Mei
FOTO: Facebook

Rolene Strauss in een van Anél Botha Couture se ontwerpe FOTO: Facebook Rolene Strauss in een van Anél Botha Couture se ontwerpe
FOTO: Facebook

Dié rok het ook Rolene se blas vel en donker hare perfek gekomplementeer. Lees HIER 7 interessante feite oor ons nuwe Mej. SA.

WAT DINK JY? WIE HET HIERDIE SKEPPING DIE BESTE GEDRA? Ons dink albei lyk ewe mooi! Lewer kommentaar hier onder of op SARIE se Facebook- of Twitter-blad.

Nóg rokke van Anél Botha op SARIE.com