Die tydskrif Wine Spectator het dié paartjie se wyn, wat hulle in samewerking met Perrin Côtes de Provence maak, se Miraval rosé as die lekkerste in die wêreld aangewys. ’n Bottel hiervan word vir $28 (sowat R285) verkoop.

Die rosé is 84ste op die Wine Spectator se top-100 wyne, maar omdat dit die hoogste rosé op dié lys is, is dit ook die lekkerste rosé in die wêreld. Die redakteur van die tydskrif beskryf die wyn as “verfynd en elegant” met aromas van gedroogde bessie, nartjie en spanspek.

SA celebs maak ook hul eie wyn

Elana Afrika-Bredenkamp

Elana het onlangs aangekondig dat sy van volgende maand af nie meer deel van die 94.5 KFM-radiospan gaan wees nie, omdat sy heelwat ander dinge op haar kerfstok het vir 2014. Sy gaan steeds op die ontbytprogam Expresso op SABC3 te sien wees en af en toe weer ’n draai in die radio-omroeperstoel maak. Elana bedryf ook haar eie digitale- media-onderneming.

Maar sy beplan nóg groter dinge vir volgende jaar: haar eie, eksklusiewe wynetiket, ’n grimeerreeks en ’n groot televisieprojek. Ten spyte van al die nuwe dinge het Elana ons verseker dat sy nie haar oorfone finaal gaan ophang nie: “Ek is baie lief vir my kykers en luisteraars. Dit was baie lekker om elke dag op die radio en televisie te wees en aanhangers sal steeds my stem oor die radio hoor - net nie elke dag nie.”

FOTO: Facebook Elana proe haar wyn wat volgende jaar vrygestel word FOTO: Facebook

Kurt Darren se Kaptein-wyn

FOTO: Twitter FOTO: Twitter

Jy kan nou na jou gunsteling-liedjies van Kurt Darren luister terwyl jy sy wyn drink! Kaptein-wyn is in samewerking met Val de Vie geproduseer en is reeds op die rakke.

David Fourie

FOTO: Twitter

Die Afrikaanse sanger David Fourie en die wynmakers van Darling Cellars het onlangs kragte saamgesnoer om sy eie reeks wyn, asook ’n vonkelwyn te vervaardig. Dié opwindende nuwe konsep gee David se aanhangers die kans om top-gehalte, bekostigbare wyne te geniet. Die reeks is spesiaal ontwerp deur die bekroonde wynmakers van Darling Cellars, Abé Beukes, Welma Myburgh en Carel Hugo.