Angelina Jolie het haar eerste Vogue-voorblad in April 2002 losgeslaan – toe as die 'stout kind' van Hollywood. Donker en misterieus – met 'n prominente Billy Bob Thornton-tattoe op haar bo-arm (hulle was op daardie stadium getroud). Bekroonde fotograaf Annie Leibovitz het haar uitdagende rebelsheid in dié foto vasgevang (hooffoto). 

Angelina Jolie in Vogue

In Maart 2004 verskyn sy op die voorblad as enkelma van Maddox, haar aangenome seun uit Kambodja. Mario Testino, modefotograaf wat ook vir daardie ikoniese foto's van Prinses Diana, en Prins William en Kate se verlowingsfoto's gesorg het, het haar onafhanklike gees in dié fotoreeks vasgevang. En dís al wat van haar Billy Bob-tattoe oorgebly het!

Vogue Maart 2004

Annie Leibovitz het haar wéér vir 'n Vogue-voorblad afgeneem – dié keer vir die Januarie 2007-uitgawe. En saam met haar sexy lewensmaat, Brad Pitt.

Vogue Januarie 2007

Brad Pitt en Angelina Jolie

In Desember 2010 het sy weer op haar soveelste Vogue-voorblad verskyn – dié keer 'n ma van 6, bekroonde aktrise, nou ook regisseur, en aktivis vir menseregte. En mooier as ooit.

Vogue Desember 2010

*Sien die volledige foto-galery op Vogue