In stilte en privaatheid met Brad Pitt aan haar sy het die Hollywood-aktrise Angelina Jolie 27 April vanjaar haar laaste mediese prosedure ondergaan. Sy het 'n dubbelle mastektomie gehad. In 'n baie persoonlike artikel in die New York Times skryf Angelina oor haar besluit en reis om 'n dubbele mastektomie te kry. Haar ma het op die ouderdom van 56 haar stryd teen borskanker verloor. "Ek het altyd vir my kinders gesê om hulle nie oor my te bekommer nie. Maar die waarheid is dat ek die 'foutiewe' geen, BRCA1, dra. Dit verhoog my risiko om borskanker (87%) en kanker van die eierstokke (50%) te kry," skryf Angelina. Angelina Jolie en Brad Pitt "Toe ek eers weet dat dít my realiteit is, het ek besluit om pro-aktief te wees en die risiko's te verminder. Ek het besluit om 'n voorkomende dubbele mastektomie te ondergaan." In die drie maande van prosedures het Angelina dit stil gehou en voortgegaan met haar werk. Sy het  ook bors-rekonstruksies ondergaan. Sy het besluit om dié artikel te skryf om moed en hoop vir ander vroue te gee wat deur dieselfde stryd gaan. "Kanker is steeds 'n woord wat vrees in mense se harte bring en mense magteloos laat voel. Maar dit is vandag moontlik om deur middel van bloedtoetse te sien of jy vatbaar vir sekere kankers is." Angelina Jolie en kroos

Die lewe kom met baie uitdagings. Die uitdagings wat ons nie moet bangmaak nie, is dié wat ons kan aanvat en beheer oor neem.

Lees Angelina se persoonlike reis in haar eie woorde hier. Sy vertel hoe haar kinders haar operasies hanteer het en hoe Brad haar ondersteun het.