Angelina Jolie (39) is tans besig met ’n mediatoer van haar mees onlangse film-projek, Unbroken. Sy het gister (Maandag 17 November) in Sydney die première van haar fliek, waarvan sy ook die regisseur was, bygewoon. Só berig Daily Mail.

Sy het ’n eenvoudige oorvou-rok gedra en haar grimeervoorkoms was baie natuurlik.

"UNBROKEN" Photo Call FOTO: Gallo Images/Getty Images

’n Moet-hê vir jou klerekas: Die oorvou-rok

"Die geheim van dié styl lê in die strategiese geplaasde drapering: dit verbloem daardie nie-so-plat-maag en maak daarvan ’n wenner vir enige vrou se klerekas" - Amaria Carstens (SARIE moderedakteur)

Kry Angelina se voorkoms in die SARIE-winkel binne Spree

wrap blue plus size Vir die voller figuur

wrap chatreuse wrap grey wrap maya wrap pink wrap shoe

Meer oor Unbroken

Unbroken is in Australië verfilm en vertel die storie van oorlog-held en Olimpiese atleet Louis Zamperini wat in 1941 by die lugmag aangesluit het om in Tweede Wêreldoorlog te baklei. Sy vliegtuig is afgeskiet en hy vir 47 dae op 'n vlot oorleef - net om deur die Japanese gevange geneem te word. Zamperini is 'n week vóór die amptelike bekendstelling van die lokprent oorlede.

*Tydens verfilming het Angie en Brad vir mekaar liefdesbriewe geskryf - soos in die ou dae. Hy was besig met die verfilming van Fury en hulle het mekaar vir lang tye aaneen nie gesien nie.