Die ring wat akteur Brad Pitt (48) ná 6 jaar uiteindelik aan sy pragtige geliefde, Angelina Jolie (36), se ewe pragtige vinger gesteek het, het hom letterlik 'n jaar lank geneem om saam met juwelier Robert Procop te ontwerp. Kenners reken dat die eindproduk se waarde tot soveel as $250 000 (net minder as R2 miljoen) gereken kan word. Procop is reeds jare al die private juwelier vir Jolie.

Angelina Jolie se verloofring

Die groot reghoekige diamant van 6 karaat is in 'n band met nóg diamante geset – elkeen van hierdie kleiner diamante is geslyp om die ronding van haar vinger perfek te pas. Juwelier Procop het in 'n verklaring gesê dat Brad hierdie ring perfek wou hê en dat "hy 'n spesifieke visie" vir Angelina se verloofring gehad het.

Die woordvoerder van die paartjie het gesê dat hierdie 'n belofte aan die kinders is oor die toekoms en dat die kleinspan verheug is hieroor. Daar is nog geen troudatum bekendgemaak nie.

* LEES OOK MEER OOR KARLIEN VAN JAARSVELD SE DROOMRING