Angelique Gerber, 7de Laan se Clara, en Brian en Andrew Chaplain, die twee broers van Locnville, is die bekendes wat dié ongelooflike projek steun.

En jy kan ook, met die hip Black Pearl Copper-armband, 'n nuwe een in die reeks. Die armband word deur 'n sosiale beleggingsmaatskappy vervaardig en versprei.

Die oorspronklike 46664-armbande kom in 'n verskeidenheid van metale: brons, silwer, goud, platinum en swartkoper. Op die armband is Madiba se tronksel-nommer van Robbeneiland gegraveer. Die doel van die 46664-armbandprojek is om binne die volgende 16 jaar 4 000 werksgeleenthede te skep, en R1,1 miljard vir liefdadigheid in te samel. Daardeur wil hulle 'n beter toekoms vir kinders skep. Die dryfveer agter die hele program is liefde vir mense. Deur die program moet nie net minderbevoorregte mense se lewens geraak word nie, maar almal in SA moet die vrugte daarvan pluk. Deur die 46664-armband te dra, wys jy dat jy saamstaan in die stryd teen VIGS. Brian, Andrew en Angelique dra nou die nuwe armband. Wil jy ook? Koop joune hier. Of gaan besoek een van die winkels.

Angelique Gerber oor haar 46664-ervaring

"Jesus het gekom om ons te bedien, alhoewel hy die Koning van Konings was. Ek sal dié wat minder bevoorreg as ek is, bedien, net soos my Redder. Dit is vir my 'n groot eer om so geseënd te wees in my loopbaan dat ek die geleentheid het om terug te gee wat God in my gesit het.  Die veldtog het my nederig gemaak en ek is dankbaar dat ek 'n trotse ondersteuner van die 46664-armband kan wees. Ek sal die armband met waardigheid en nederigheid dra."- Angelique Gerber

Kyk net die Black Copper 46664-armband veldtog!

Wie&aposs  wie? Locnville
Angelique met  die sjiek 46664-armband
Locnville 46664-armband nie net vir meisies nie
Jy kan nie verkeerd gaan met díé armbande nie:
Een of die hele versameling! Metaal is hoogmode en armbande ook

Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur, sê in die November-uitgawe van SARIE:
"Baie armbande is nou mode. Die geluid van metaal of hout wat teen mekaar kap is deel van die sjarme!..." Hy sê verder dit is nou'n trend om 'n armband tot net onder jou elmboog op te stoot!

Kyk ook na die agter die skerms foto-sessie met die Locnville-broers en Angelique Gerber in die galery!