Boer Soek 'n Vrou se Angelique is besig met 'n opwindende nuwe projek - en sy gee aan SARIE.com-lesers die eerste kyk agter die skerms!

Angelique stel op 23 Oktober vanjaar haar eerste klerereekse bekend - Angelique Gerber Red Carpet en Angelique Gerber Swimsuits. Haar inspirasie vir dié reekse? Die vroulike liggaam en haar eie vurige rooi hare én persoonlikheid.

Sy het aan die begin van die jaar die ontwerper Tarien Cronje van Kyna Consili ontmoet. Vinnig het dié twee begin saamkuier en gesels en kort voor lank is die idee van 'n klerereeks gebore. "Ek het nog altyd 'n passie vir mode. Ek is mal oor rokke - ek blaai altyd eerste na die mode-afdelings van tydskrifte en is nuuskierig oor wat die sterre na rooitapyt-geleenthede gedra het," sê Angelique.

Boer soek 'n vrou se Angelique wys foto's + kry haar styl

FOTO: Clinton Lubbe FOTO: Clinton Lubbe

Hulle is nou al 4 maande besig om foto's en idees oor en weer vir mekaar te stuur. "Dit was maar moeilik omdat ek lank weg was met Boer soek 'n vrou, maar ons het dit maak werk." Dié naweek is die materiaal vir die eerste twee rokke gekoop - Angelique hoop om een daarvan te dra by die première van Hartsbegeertes, waarin sy ook speel.

Haar man, Ben-G, is baie opgewonde oor dié nuwe loopbaan. "Dit gaan my hopelik meer by die huis laat bly, omdat my werk gewoonlik vereis dat ek baie reis. Dit is ook 'n ekstra inkomste vir ons en hy weet ek het nog altyd 'n passie vir mode."

Hoe lyk die rokke?

  • Die rokke is uniek - in elke rok is daar spesiale steentjies in die vorm van die Hebreeuse simbool vir die liefde.
  • Die rokke is baie modern - sy wou oorspronklik alles in swart, grys en rooi gehad het. "Rooi, seker omdat ek 'n rooikop is én dit verteenwoordig my vurige persoonlikheid. Dit is dan ook die kleur van die liefde."
  • Sy gaan ook nou helder kleure soos pienk en geel byvoeg, omdat dit so in die mode is.
  • Sy hou van die kort voor, lank agter-voorkoms.
  • Unieke materiaal en ontwerpe.

Die rokke is vir almal - matriekafskeide, celebs op die rooitaptyt, jaareind-partytjies.

'n Eerste kyk na die ontwerpe:

Angelique Gerber

En die bikini's ...

"Ek is nie die meisie wat net op die strand lê nie. Ek wil bal speel, maar baie bikini's laat dít nie toe nie. Daarom wil ek sexy, kleurryke, sportiewe bikini's maak."

Buiten dat dié swemklere gemaklik gaan wees, is die kleure ook so gekies om jou regte liggaamsdele te beklemtoon en ander te verbloem. "Ek ken 'n vrou se insecurities. Daarom is dit só ontwerp dat dit jou vroulike figuur vlei. Die kleure laat jou ook bruiner lyk. Dit gaan jou so mooi moontlik laat lyk, maar dit is ook gemaklik en sexy."

Die broekies gaan ook verstelbaar wees, want die meeste mense se toppie- en broekie-grootte stem nie ooreen nie. Jy kan dit dan self losser of stywer stel.

Waar kan jy dit koop?

Angelique se twee reekse word 23 Oktober vrygestel. Sy gaan binnekort haar eie webtuiste hê, maar tot dan kan Kyna House of Design besoek word.

SARIE.com-lesers word ook uitgenooi na die bekendstelling - let wel, daar is 'n beperkte aantal sitplekke beskikbaar:

Angelique Gerber