Die Met-bal was weer vol opwinding en ongelooflike rokke, maar Anne Hathaway se nuwe haarkleur het die kollig gesteel. Sy't die punk-tema vervolmaak!

"Ek weet nie of 'n mens dit sal sien as jy na my kyk nie, maar Debbie Harry (hoofsanger van Blondie) was soortvan die inspirasie agter my nuwe kleur," het Anne op die rooi tapyt verklap. Sy het in 'n sexy, swart Valentino-rok opgedaag. Dié rok was 'n ontwerp wat hy in 1992 reeds gedoen het.

Hathaway het by vanjaar se Oscars 'n mode-glips gehad toe sy op die nippertjie besluit het om Prada in plaas van Valentino te dra. Maar dit smaak vir ons dié twee het weer vrede gemaak, en Anne het uitgeblink in haar Valentino-skepping by die Met-bal.

** sarie.com se mode-span is besig om die mooiste rokke vanjaar uit te soek, hou ons dop.

Bron: www.people.com

Ons is ook mal oor plaaslike ster Liezel van der Westhuizen se kort, blonde styl!