SATERDAG 14 Desember, 9:00

Liewe SARIE-lesers

Dankie vir die voorreg dat ek so ’n spesiale Reis met my vriendinne by SARIE kan deel.

Dis 05:30 Saterdagoggend. Ek's heel eerste op die OR Tambo-lughawe. Ek kan steeds nie glo dat ek op ’n direkte vlug Umtata toe is nie. Dít na al die waarskuwings rondom geslote lughawens.

Die eerste ding wat my opval is dat die lughawe se personeel nog nooit so flink en deeglik was nie. My handsak is drie maal deur die skandeerder én ek is deursoek. Die meisie by die kiosk bedien my asof sy net vir my werk. Dis ’n besef - ons wil almal ietsie ekstra doen, en beter doen, vir Madiba! Sal dit nie wonderlik wees as ons dit wat ons veronderstel is om te doen net so bietjie beter doen om Madiba te vereer nie? Dink net watter land en nasie ons dan kan saam bou!

My vriendin Mashadi Motlana wag reeds vir my in Umtata. Sy trek dieselfde rok môre aan na Tata se begrafnis as wat sy 5 jaar gelede by haar pa se begrafnis gedra het. Haar pa was dr. Motlana, ’n strydvegter! (Ek is al in my lewe by ’n begrafnis weggejaag - #TrueStory! Dit was ’n bitter klein plattelandse dorpie en ons was ’n groot groep 'bekendes'! Ons wou net iemand bystaan, maar die oomblik was te groot vir die plaaslike gemeenskap en hulle kon nie lekker verstaan wat ons nou eintlik daar wou maak nie.)

Ons is deursoek en ondervra of oor ons kameras gaan saambring. Madiba gee nie om dat bekendes na sy begrafnis toe kom nie. Selfs in hierdie hartseer en afskeidstyd versoen hy ons steeds. Al my sielsvriende oor alle kleurgrense het so uitgereik na mekaar tydens die week.

Tim Tebeila wat saam met my vandat ek 19 was onder Cosatu se unies gewerk het, wou Vrydag hê ek moes saam op sy privaatstraler na Qunu vlieg. Dit kon ek nie doen nie, want ek het gisteraand nog tot 21:00 aan Swartwater (’n nuwe SABC-reeks) verfilm.

Gelukkig het die dame van die gastehuis in Umtata aangebied om ons op te laai by die lughawe, want daar is vandag en môre ’n tekort aan vervoer in Umtata. En nou voel ek so trots om ’n Suid-Afrikaner te wees en dáár te kan wees.

My dankbaarheid vir Madiba kan ek nog nie op die stadium uitdruk nie, want ek wil nie huil nie. Ek en Madiba het albei in 1994 vir die eerste keer in ons lewens gestem. Maar ek was ’n bedorwe tiener met loopbaanliggies in my oë. Hy ’n man in sy sewentigs met duisende ure van stryderssweet agter hom - ons Tata se siel wat so onbeskryflik groot is.

Toe ek nog op laerskool was, het my boetie by die Oriental Plaza ’n T-hemp gekoop waarop gestaan het 'FREE NELSON MANDELA' - min het ek besef hoe bevoorreg ek was om in ’n ouerhuis groot te word waar Rubicons wyer was as die norm. En min het my boetie besef hoe die boodskap op sy T-hemp sal verander ten goede van elke siel in die land, en later ook vir die hele wêreld.

Ek skryf as ek in Umtata geland het. Intussen is hier ’n foto of twee vanuit my tonele gister in Swartwater waar ek deur ’n man "geslaan" is. Dit was sielsverwarmend om te sien hoe woedend my mansvriende was oor dié "moontlik mishandeling". En as ek na hul reaksies kyk, weet ek, ons Suid-Afrikaners is inherent goeie mense - en ons is op die regte pad!

Ons vat ons aflosstokkie van ons Tata oor op hierdie lang vryheidspad!

SATERDAG 14 Desember, 11:00

Pas n vlug gedeel met Advokaat George Bizos en die mooiste 'struggle' stories gehoor oor 6000 pasboeke wat op een slag in Zeerust verbtand is. Die mense hang aan die legend se lippe.

IMG_00002905

SATERDAG 14 Desember, 11:30

Ek sit nou met Ingrid Jonker se gedig voor my en lees - die kind wat doodgeskiet is by Nyanga... ontbyt saam met al my vriendinne en hulle waardeer my stukkie Afrikaans in Umtata wat Madiba in sy inhuldigings toespraak voorgelees het

SATERDAG 14 Desember, 12:25

Mense weet ons is hier om te rou, maar die menseketting is so sterk en vol van die mees positiewe energie. Die groepe verduidelik dat hulle weet ons moet rou, maar ons kan nie help om te juig oor die lewe van hierdie man nie. Sal dit nie wonderlik wees as ons almal ons lewens so kan lei, dat mense feesvier vir wat ons bygedra het nie?

Ek het besluit om eerder nie na n formele middagete toe te gaan nie en hier in Umtata die menseketting te beleef. Deelnemers stop n vlaggie in my hand en kom neem foto's. Ons moet sekermaak dat die 'anderkant' 'n spesiale ontvang reël vir ons Madiba.

IMG_00002995 IMG_00002982 IMG_00002958

SATERDAG 14 Desember, 12:51

Ek dink SARIE moet ’n uitgawe doen om ons te leer om ons serpe só te vou - eg Suid-Afrikaans!

IMG_00003006

SATERDAG 14 Desember, 13:28

Mense word aangemoedig om respekvol en deel van die menseketting te bly.

IMG_00003024(1)

SATERDAG 14 Desember, 21:13

Dit is die aand voor die begrafnis en ek sit in die hartjie van Qunu - ons begrawe ons legend môre-oggend. Ons beskerm almal en alles wat ons is, omdat ons omgee.

Die tent waar die begrafnis gehou word. Die tent waar die begrafnis gehou word.

SONDAG 15 Desember, 03:30

Dit is 03:30 in die oggend. Ons word 05:15 deur sekuriteit opgelaai om te gaan aanmeld. Gisteraand het ek saam met Alfre Woodard van Desperate Housewives geëet. Sy en haar man het drie dae lank gevlieg uit Santa Monica om hier te wees. Sy was ’n ongelooflik aktivis toe sy nie toneel gespeel het nie. Sy het ook die rol van Winnie vertolk in die een van die Madiba-films.

 SONDAG 15 Desember, 04:12

Dis 4 uur in die oggend. Vandag hou ons ’n diens en ’n begrafnis van een van die mees merkwaardige en mees waardevolle mense wat ons ooit, in ons leeftyd, en in hierdie eeu sou beleef. Om gister ’n erewag te kon staan in die strate van Umtata was so ’n voorreg. Om al die VIP-gaste se stories te kon hoor in die gastehuis was net so ’n ervaring.

Alfre Woodard het as kunstenaar soveel werk ondergronds vir die vryheidsstryd gedoen het.

Doreen Morris wat ten spyte van ’n plek op ’n privaatvliegtuig verkies het hom 8 ure deur te ry na Umtata van Johannesburg.

My dierbare vriendinne, Mashadi, Jo, Bassie en ’n hele paar ministers en media.

Die mense wat gister saamgekom het om hande te vat, insluitend van die plaaslike mense, het almal vandag groot trane om te stort. Ek wens ons het Madiba nog by ons gehad. Ek wens ons het hom nooit verniel nie. Ek wens ons het nog meer van hom gehad vir hierdie land en sy mense. IMG_00003054 IMG_00003031

SONDAG 15 Desember, 07:50

Binne in die tent. 07:50 - alles op skedule. Prins Charles het pas verbygestap en ek kon darem gou gesels met sir Richard Branson in die ry voor my. Mense sing en dans, maar Madiba se gesig is reusagtig voor ons!

IMG_00003128 IMG_00003141 IMG_00003132 IMG_00003138

Lees Deel 2 van haar ervaring HIER.