Vyftig jaar gelede, voordat Anthony Hopkins sy akteursloopbaan begin het, was hy glo ’n musikant en het ’n wals gekomponeer. Hy het dít verlede jaar vir die eerste keer gehoor.

Anthony het meer as 5 dekades gelede die wals "And the waltz goes on" gekomponeer, maar dít is nooit deur ’n orkes gespeel nie. Die gewilde Nederlandse musikant André Rieu het dít egter verlede jaar verander.

Anthony en sy vrou is groot aanhangers van André en wou hom ontmoet. Anthony het kontak gemaak en ook sy musiekstuk aan hom gestuur.

André verduidelik in dié video (onder dié artikel) dat hy verras was toe hy die komponis se naam gesien het. André sê ook dat Anthony nog nie sy wals gehoor het nie, want "hy was te bang".

André en sy orkes het dié lied vir die eerste keer in Vienna voor die publiek gespeel, en Anthony was daar vir die première van sy lied.

Kyk na dié video om te sien wat dié 73-jarige akteur se reaksie was toe hy vir die eerste keer sy lied gehoor het.

Bron: YouTube en SupaJam