Dit was byna te veel vir die kuberruim: Baba Archie en prins Louis in een foto. Oor die wêreld heen van Kanada tot Timbuktu het harte gesmelt, vermurwer op die koninklike duo. En hulle was nie al koninklike kleingoed nie. Prins Louis se ousus prinses Charlotte en ouboet prins George was ook saam gekiek. Die Britse media het hulle tong-in-die-kies as die nuwe “Fab Four” gedoop, ’n titel wat eens aan hul ouers prins William en Kate Middleton, hertog en hertogin van Cambridge, en prins Harry en Meghan Markle, hertog en hertogin van Sussex, beskore. 

Beide hertoginne het rondom hul kroos gekoer, terwyl die twee broers aan ’n polo-wedstryd ten bate van liefdadigheid deelgeneem het. Archie het knus in ma Meghan se arms gelê, terwyl ma Kate haar hande vol gehad het met haar jongste prinsie.

Prinses Charlotte en prins George, wat al yslik groot is, het omtrent gespeel. Eers was dit met ’n bal en toe was dit tyd vir aan-aan.

Kyk die kostelike foto’s hier:

FOTO Instagram

Die hertogin van Sussex, Meghan Markle, en haar eersteling, Archie. FOTO Instagram
FOTO Instagram
FOTO Instagram
Te kosbaar! FOTO Instagram
FOTO Instagram
FOTO Instagram
FOTO Instagram