Ná die dood van haar eks, Mac Miller, in September, lyk dit of Ariana Grande sterker is as ooit. Sy het ’n splinternuwe liedjie en mense kan eenvoudig nie genoeg van die video kry nie!

“Thank U, Next” het reeds 123 miljoen klikke op YouTube gekry – die grootste debuut ooit.

Die video bevat elemente van die 2000’s-flieks Bring it on, Mean Girls, Legally Blond en 13 going on 30 en sorg vir ’n hele paar oomblikke.

Dis ook die eerste liedjie deur ’n vroulike kunstenaar wat nommer een op Billboard se top-100 is, ná Adele se ikoniese “Hello” in 2015.

En nou is Ariana as Billboard se Vrou van die Jaar aangewys. In haar ouderhoud met die tydskrif erken Ariana sy maak foute, maar is vir niks meer bang nie.

FOTO Instagram/ Billboard
FOTO Instagram/ Billboard
FOTO Instagram/ Billboard