Ná ’n blitsromanse van 24 dae is die sanger Ariana Grande en komediant Pete Davidson verloof.

People het gister dié verrassende nuus gedeel.

Pete Davidson. FOTO: Getty / Gallo Images

Die twee sterre, albei 24, het mekaar glo op 12 Mei by ’nSaturday Night Live-partytjie ontmoet en net dadelik gekliek. 

Kort daarna het albei hul vorige verhoudings beëindig. Ariana het met die rapper Mac Miller uitgemaak en Pete met Cazzie David van Eighty-Sixed-faam.

’n Week later het hulle met bypassende tatoes gespog en openlik op mekaar se sosialemedia-blaaie begin koer.

Vroeër vandeesmaand het Pete nog ’n tatoe, dié slag van Ariana se voorletters, op sy duim bygekry.

En toe Ariana kort daarna op die verhoog verskyn vir die Wango Tango-konsert in Los Angeles, was dit moeilik om die knewel aan haar verloofvinger mis te kyk.

Hier’s ’n paar foto’s van die gelukkige paartjie:

i thought u into my life ?? woah ! look at my mind ??????

A post shared by Ariana Grande (@arianagrande) on



the chamber of secrets has been opened ...

A post shared by Pete Davidson (@petedavidson) on