Die sanger Arno Jordaan sal gou ook as akteur bekend staan wanneer sy tweede fliek, Ben se begrafnis, vertoon word.

Arno, wat ook in As jy sing gespeel het, praat met SARIE.com oor sy ervaring as akteur. Dié sanger-akteur se nuwe CD word ook binnekort vrygestel.

Waaroor gaan die fliek?

Dit gaan oor Ben, wat deur ’n gholfbal getref word en doodgaan. ’n Maand later staan hy weer op en sien hoe gou mense aanbeweeg!

Wat is jou rol daarin?

Ek speel Robbie-Craig, Ben se beste pêl.

Wie speel nog in die kortfilm?

Hykie Berg en Neels van Jaarsveld.

Arno Jordaan FOTO: verskaf Arno Jordaan
FOTO: verskaf

Hoe het jy fliekmaak ervaar?

Ek het dit baie geniet. Dis definitief ’n nuwe uitdaging en ek het baie geleer.

Wat was die uitdagendste deel?

Vir my was dit om met vreemde mense te werk. Ek was bietjie uit my comfort zone.

Hoe het jy die rol gekry?

Hulle het my genader en toe ek die storielyn sien, was ek dadelik in.

Meer oor Arno Jordaan op SARIE.com