Dié 24-jarige aktrise, beter bekend as die vampier Alice Cullen in die Twilight-rolprente, spog met 'n  groot reklamebord in Times Square, New York. Sy het 'n eksklusiewe jaarlange ooreenkoms geteken om in die internasionale DKNY advertensieveldtog te verskyn. In 'n Daily Makeover-onderhoud vertel Patti Cohen van Dona Karan (DK) Ashley is die ideale persoon vir die veldtog:

"Ashley is alles wat DKNY is: haar energie, haar gees, haar eklektiese styl. En sy weet hoe om sosiale media te gebruik om met haar wêreldwye gehoor te praat. Dis iets wat vir ons belangrik is."