Stil-stil het die Hollywood-paartjie Mila Kunis en Ashton Kutcher hul tweede kleinding verwelkom. Dié keer is dit ’n seuntjie!

Klein Kunis-Kutcher het al Woensdag sy ouers ontmoet. Die paartjie het reeds ’n 2-jarige dogtertjie, Wyatt Isabelle. Hulle het Julie in die geheim getrou.

Mila se woordvoerder het die nuus aan E! News bevestig.

Die paartjie moet nog hul seuntjie se naam bekend maak.

Babas, babas, babas - gister is die wêreld bederf met ’n Springbok-baba, koninklike babanuus en ’n pienkvoet uit Hollywood. Lees meer hier.

Lees nou

Hekel 'n mosaïek-kombers

Eks-paartjie ontmoet op die loopplank

5 koekies vir jou koekieblik