Ashton en Lea Michele, die 25-jarige brunette van Glee-faam, het by die première van hul nuwe fliek, New Year’s Eve, soos verliefdes voor die kameras opgetree, berig 17online.com.

Die romanse tussen hulle het reeds voor die kameras begin. En toe joernaliste haar vra wat is vir haar 'n groter uitdaging, die toneel waarin sy Ashton moes soen of om voor duisende mense te sing, het sy geantwoord dat dit baie erger is om voor mense te sing ... “Wie sal nie vir Ashton Kutcher wil soen nie,” het sy gelag.

Ander bekendes wat in New Year’s Eve te sien sal wees, is Halle Berry, Jessica Biel, Jon Bon Jovi, Robert de Niro, Zac Efron, Katherine Heigl, Sarah Jessica Parker, Michelle Pfeiffer en Hilary Swank.

Dit begin 9 Desember in plaaslike teaters draai.

Kyk hier na die lokprent